Tydsduur:  5½ dae

Koste:  R2 690,00 per kursusganger

Volgende kursus: 22 - 27 Maart 2015 

Deposito:  40%


Die wildvleisverwerkingskursus is daarop ingestel om die kursusganger eerstens te leer om wildvleis korrek en higiënies te bewerk, maar ook om geleentheid te skep om waarde tot die primêre produk (die karkas) toe te voeg om so die inkomste uit ‘n karkas te verhoog.  En om te bewys hoe lekker wildvleis kan wees!  Kursusgangers leer ook hoe om reg te slag.

  • Algemeen

Belangrikheid van higiëne en higiëniese bewerkingsmetodes,  samestelling van ‘n karkas (vleis, bene en verliese),  gesondheidseienskappe van wildvleis,

  • Die vooraf-hantering van ‘n wildkarkas

Jag en veldhantering van karkasse,  verkoeling en veroudering,  slag van karkasse

  • Versnitting en ontbening

Ontbening van ‘n ribbekas, versnitting in primêre snitte, ontbening van boude en blaaie, beste aanwending van snitte.  Voorbereiding van die lewer en nietjies

  • Algemene wildprodukte

Maak van biltong, blad- en ribrolle, stop van boude, steaks en saaltjops, rugsaal, ens

  • Verwerkte produkte

Boere- en droëwors, sosaties, patties, cabanosis, salamis, russians, gerookte produkte

  • Verpakking en bemarking
     

Die kursusfooi sluit alle studiemateriaal, akkommodasie en etes in.

Elke kursusganger verwerk ‘n wildkarkas volledig.

Kursusgangers moet hulle eie beddegoed, toiletware, persoonlike medikasie, vleismesse, voorskote en wit beskermde oorklere en ‘n flits verskaf.

Vervoer van en terug na Nylstroom kan op vooraf-versoek gereël word.

Die aanbieding van die kursus is onderhewig aan ons algemene reëls en voorwaardes.  Bevestiging van die bespreking geskied eers wanneer die deposito ontvang is.